Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Speler sit peil voort

’n Kroonstadter het haar staal op die rolbalbaan getoon tydens vanjaar se nasionale meesters­rolbaltoernooi.

Linda van Caspel (66), wat die afgelope 20 jaar sinoniem met rolbal is, het die algehele derde plek in die toernooi verwerf.

Dit is van 7 tot 9 Februarie by die Wingate-rolbalklub in Pretoria aangebied.

Van Caspel het die afgelope vier jaar goed presteer.

In 2017 was sy algeheel eerste in die senior en ope enkelspel in die Noord-Vrystaat, Suid-Vrystaat en Noord-Kaap.

In 2018 het sy in die ope enkelspel van die drie streke gewen en goud ontvang.

Sy het in 2019 die ope enkelspel van die Noord-Vrystaat, Suid-Vrystaat en Noord-Kaap gewen, asook die Gauteng- ope enkelspel.

Slegs 12 vroue van oor Suid-Afrika heen word jaarliks na die nasionale meesters­rolbaltoernooi genooi.

Verlede jaar het hierdie eer Van Caspel te beurt geval en sy is vanjaar weer genooi. Sy het die algehele derde plek behaal.

Sy hou van nuwe uitdagings en speel tans vir die Hennenman-rolbalklub wat onder die Noord-Vrystaat-streek val.

“Dit is lekker om teen nuwe klubs te speel en dit maak ook die uitdagings meer aanloklik,” sê sy.

Sy skryf haar sukses op die rolbalbaan toe aan haar liefde en passie vir die sport, asook baie selfdissipline en harde oefening.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.