Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sport-uitblinkers kan benoem word

Kroonnuus, in samewerking met SuperSport Let’s Play, is op soek na sportiewe jong mense wat hul sport met oorgawe beoefen en ander inspireer.

Let’s Play gee erkenning aan leerlinge van ses tot 18 jaar wat in enige sportsoort uitblink.

Is jy sportief? Weet jy van iemand in jou skool wat goed vaar op sportgebied? Inspireer jy ander in jou skool, gemeenskap of gimnasium om aktief te raak?

Dan wil Kroonnuus van jou hoor.

Z PR en SuperSport se Let’s Play-projek het in 2008 ’n behoefte onder jong mense geïdentifiseer om meer aktief by sport betrokke te raak.

Hulle het metKroonnuusbegin saamwerk om op ’n spesiale manier aan uitblinker-sportlui erkenning te gee en hulle vir hul harde werk te beloon.

Let’s Play is ’n projek om ’n gesonde leefstyl en ontwikkeling by skole deur spel en sport aan te moedig.

Die SuperSport Let’s Play Sportster van die Maand word elke maand van Februarie tot Oktober uit inskrywings wat ontvang word, aangewys.

In November word al die maandwenners vereer en word die Kroonnuusen SuperSport Let’s Play Sportster van die Jaar aangewys.

El-Rico Klemp, ’n kranige jong sportman van die Hoërskool Kroonstad (Blouskool), was Kroonnuusse wenner vir 2019.

Uitblinkers kan hulself benoem, of deur leerlinge, afrigters, onder­wysers of ouers benoem word.

Elke sportster van die maand kry ’n Let’s Play-geskenkpak en kwalifiseer outomaties vir die eindronde van die kompetisie.

’n Kort berig en foto van dié wen­kandidaat word ook in die maand wat ter sprake is in Kroonnuus geplaas.

Benoemings moet die volgende insluit: die uitblinker se naam en van, hul ouderdom en in minder as 200 woorde wat hulle op sportgebied bereik het – veral hoogste prestasies en datum en plek van byeenkomste. Die uitblinker se kontakbesonderhede word ook benodig.

Maandwenners se prestasies deur die jaar heen sal bygewerk word voor die finale beoordeling in November, waar die finaliste se prestasies tot op datum in berekening gebring sal word wanneer die sportster van die jaar gekies word.

Stuur ’n e-pos met ’n benoeming na supersport@zpr.co.za of faks dit na 086-552-4922.

Vir inligting, bel Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051-522-9574.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.