Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sportman lééf danksy nier

Danksy ’n nieroorplanting kan Adriaan (Attie) Kok (56) sedert 1993 sy lewe ten volle geniet.

Juis daarom wil hy mense aanmoedig om hul organe te skenk en lewens só te verander.

Nierversaking is in 1992 by Attie diag­noseer, en hy moes vir meer as ’n jaar dialise kry.

Op 26 Januarie 1993 het Attie ’n nier van sy broer, Koos (wat toe 30 was), ontvang. Die oorplanting was suksesvol.

Net ná die oorplanting het hy in die hospitaal ’n plakkaat gesien wat oor die Wêreld-oorplantingspele handel.

Slegs mense wat orgaanoorplantings ondergaan het, kan aan dié byeenkoms deelneem.

Sy eerste gedagte was om aan die Spele deel te neem om vir Koos, wat sy lewe gered het, ’n medalje te wen.

Attie was op skool ’n atleet en het stelselmatig weer begin oefen.

In 1995 het hy kwalifiseer om in Manchester, Engeland, aan die 400 m-wedloop en 4 x 100 m-aflos deel te neem. Hy het ’n goue medalje vir die 400 m behaal en ’n bronsmedalje vir die aflos.

Tussen 50 en 60 lande het aan die Spele in 1997 in Sydney, Australië, deelgeneem.

Daar het Attie die 400 m en 800 m gewen. Vir die laasgenoemde het hy met ’n tyd van 2:11 die rekord verbeter. wen hy die 400 m en 800 m en stel daar ook die nuwe rekord vir 800 m op.

Dié rekord is eers weer in 2013 na 2:08 verbeter.

In 1999 se Spele in Budapest, Hongarye, het hy weer die 400 m en 800 m gewen en derde in die 200 m geëindig. Hy het ook ’n tweede plek in die verspring behaal.

Daarna het hy eers weer in 2009 meegeding.

Dié keer het hy met rolbal kwalifiseer om Suid-Afrika by die Spele in Gold Coast, Australië, te verteenwoordig. Hy het ’n bronsmedalje behaal.

Gedurende die Spele wat in 2013 in Durban gehou is, het hy met sy rolbal tot die kwarteindstryd gevorder.

Sy nuwe mikpunt is om volgende jaar in Engeland deel te neem.

Attie het reeds by die Nasionale Spele, wat in Port Elizabeth aangebied is, vir veerpyltjiegooi, pétanque en penboulwerk kwalifiseer.

In Desember sal daar weer ’n eindronde aangebied word waar atlete kan kwalifiseer om in 2019 in Engeland deel te neem.

“Orgaanoorplantings is baie belangrik. Danksy my nuwe nier kan ek normaal funksioneer,” sê Attie.

“Ondanks die uitdagings kan ek steeds ’n sportman wees.” en dat hy steeds ongeag die uitdagings ’n uitstekende sportman kon wees.

  • Attie was vir jare by Sasol werksaam en het vier jaar gelede sy eie paneelklopper-besigheid, Vehicle Paint Repairs, begin.

Orgaanskenking kan lewens red en verryk en wil hy vra dat mense dit ernstig sal oorweeg en so ook ’n positiewe inpak op iemand ander se lewe te maak.

Orgaanoorplantings is baie belangrik. Danksy my nuwe nier kan ek normaal funksioneer . Ondanks die uitdagings kan ek steeds ’n sportman wees.

– Attie Kok

– Attie Kok

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.