Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Staan saam vir veiligheid
Hettie Cohen, Kroonstad:

Ten aanskoue van omstanders is ek helder oordag voor die hoofposkantoor in Kroonstad deur drie jeugdiges beroof.

Ongelukkig het die omstanders gemaak asof hulle doof en blind is en op daardie oomblik toe ek oorval is, opgetree asof hulle niks sien of hoor nie.

Toe ek die voorval by die owerhede aanmeld, was dit ook met vreeslike rompslomp en baie papierwerk wat ek slegs deur die krag van bo kon deurstaan. Mense is nie meer hulpvaardig wanneer iemand in nood verkeer nie, het ek besef.

Later, dieselfde dag, is my handsak gevind en die drie boosdoeners is in hegtenis geneem.

Baie dankie aan die SAPD vir hul flinke diens en optrede om die drie vas te trek.

Ná die oproer onlangs in woonbuurte van Kroonstad en al die skade wat aangerig is, asook die toenemende misdaad in die omgewing, het dit my laat besef daar is net een oplossing. Ons as gelowige gemeenskap sal moet saamstaan en bid vir ’n beter en veiliger gemeenskap.

Dus, aan elke verantwoordelike inwoner wil ek vra: Wees versigtig en bid saam vir ons gemeenskap. Ons moet mekaar se belange op die hart dra om ons omgewing veiliger en beter te maak.

Dankie ook dat daar ’n platform soos Kroonnuus is wat die belange van Kroonstad op die hart dra.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.