Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stap met hoop die nuwe jaar in

Vroeg in die nuwe jaar is almal nog baie positief.

Ons skryf ons nuwejaarsvoornemens neer en beloof dat dit die beste jaar ooit sal wees.

Tog het die ou probleme van verlede jaar saam met ons die nuwe jaar ingeloop, en bly ’n nare werklikheid.

Inwoners wat steeds deur riool en strome vars drinkwater by hul eiendomme moet uitkom, het mos geen nuwe vooruitsigte vir die jaar nie?

Dit voel of niemand na hulle luister nie. Hul stemme val eenvoudig op dowe ore, en moedeloosheid tree weer in.

Dit is dan wanneer hegte buurmanskap darem so effens lig in die donker tonnel laat deurskemer.

Soos die afgetrede buurman wat sy sukkelende bejaarde buurvrou se munisipale waterlek met rubber en draad probeer regmaak om te verhoed dat haar huis se fondasie permanent in ’n dam water staan.

En sodat sy vrylik in en uit haar huis kan beweeg.

Hy doen dit, al sukkel hyself met riool wat in sy erf voor by die hek opstoot.

Die kameraadskap en omgee vir sy medemens is inderdaad ’n mooi gesig. Die bejaarde buurvrou se gesig helder op met ’n tikke hoop wanneer die water minder vloei.

Die dankbaarheid vir bietjie hulp, al weet sy dit is nie ’n permanente oplossing nie.

Die hoop wat dit aan haar gee, is “priceless”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.