Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stemdag vreedsaam

Die nasionale verkiesing vir 2019 is amptelik iets van die verlede en die verkiesing het in die Kroonstad omgewing te midde van gure weer vreedsaam verloop.

Veiligheidsmaatreëls is egter in Viljoenskroon by stempunte verskerp nadat betogings verlede Dinsdag weer op die dorp uitgebreek het.

’n Saal aangrensend aan die stadsaal in Viljoenskroon wat as stemlokaal sou gedien het, is afgebrand.

OVK-woordvoerder Mmabatho Rasengane het bevestig dat die groot saal wel as stem­lokaal gebruik is. Polisieversterkings het toegesien dat die stemmery in Viljoenskroon verlede Woensdag normaal kon voortgaan.

In Brentpark waar inwoners sedert Maart in opstand gekom het oor swak dienslewering, het die verkiesing sonder enige gewelddadige voorvalle plaasgevind.

Sommige inwoners moes egter in die reën en koue stap om hul kruisies te gaan trek.

Die verkiesing het ook in Maokeng, Kroonstad en Steynsrus vlot verloop nadat die gebiede die afgelope tyd ook onder gewelddadige diensleweringbetogings deurgeloop het.

Maria Smit (102), ’n inwoner van Steynsrus, is waarskynlik een van die oudste inwoners wat gaan stem het. Smit het daarop aangedring om te stem en behulpsame inwoners het seker gemaak dat sy haar kruisie kon gaan trek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.