Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stewels trap vas

Twee Kroonstadters het die wêreld aan die brand gedans op die United Country and Western Dance Council se wêreldkampioenskaps­byeenkoms in Amerika.

Tilla Kleynhans (76) en Ingrad Swart (63), lede van die Dancing Stars-ateljee in Kroonstad, het van einde Desember tot Januarie in Nashville, Tennessee, hul slag gewys.

Die blootstelling wat so ’n geleentheid bied, het onder meer beteken dat hulle saam met professionele dansers van Nederland deelgeneem het.

Die Kroonstadters het tweede en derde plekke behaal. Hulle het ook in die eindrondes van die lyndanskompetisie gedans. Ingrad het ’n tweede plek in dié kompetisie behaal.

Tilla is haar lewe lank al baie aktief en het onder meer gereeld in die gimnasium geoefen. Drie jaar gelede het sy met lyndans kennis gemaak.

“Nadat ek ophou oefen het in die gimnasium, was dit vir my belangrik om steeds aktief te bly,” sê Tilla.

“Om aktief te wees stimuleer die brein en hou die liggaam beweeglik, daarom sal ek dans aanbeveel.”

Ingrad het op skool ballet beoefen, maar daarna nie weer gedans nie.

Sy het in 2016 aan lyndans begin deelneem.

Buiten dat sy gaande is oor dans, geniet sy die sportsoort vanweë die geleent­hede wat dit bied – soos om na Amerika te reis.

Dit is ook vir haar lekker om deur deelname aan die sportsoort mense van ander streke te ontmoet.

“Ek neem nou die afgelope drie jaar aan kompetisies deel. Om aan die wêreldkampioenskap in Amerika deel te neem, was ’n ongelooflik verrykende ondervinding,” sê Ingrad.

Albei is dit eens dat lyndans ’n sportsoort vir oud en jonk is, en dat dit hulle jonk van gees hou.

Die besoek aan Amerika was vir die twee dansers ’n belewenis en hulle reken dit was asemrowend om dansers van oor die wêreld heen te sien dans.

Nashville is bekend om sy legendariese country-musieklokale, wat die Grand Ole Opry House, die tuiste van die beroemde Grand Ole Opry-toneel en -radioprogram, insluit. Daar is ook die historiese Ryman-auditorium en die Johnny Cash-museum.

Tussendeur deelname kon hulle van die besienswaardighede besoek.

Tilla en Ingrad word deur Johan Labuschagne van Kroonstad afgerig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.