Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stortingsterreine vaar swak in oudit

Die stortingsterreine in Kroonstad, Steynsrus en Heilbron is onder die talle in die Vrystaat wat nie aan die minimum vereistes van die wetgewing ondom stortingsterreine voldoen nie.

Volgens ’n verslag van AfriForum, wat vanjaar 135 van die land se stortingsterreine geoudit het, kry die

noordelike stortingsterrein in die stad ’n nakomingsyfer van 16% en die suidelike stortingsterrein ’n syfer

van 20%.

Dit is luidens ’n verslag deur AfriForum, wat vanjaar 135 van die land se stortingsterreine geoudit het.

Die oudit word uitgevoer volgens ’n lys van 33 vrae wat die minimum vereistes vir stortingsterreine in Suid-Afrika meet en sluit faktore soos toegangsbeheer, brande, mediese afval, omheining en rehabilitasie in.

Volgens Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland, moet ’n stortingsterrein minstens 80% behaal om aan wetgewing te voldoenDie terreine moet minstens 80% in ’n oudit behaal. Hiervoor word ’n lys van 33 vrae gebruik, wat slegs die minimum vereistes rondom kwessies soos toegangs­beheer, brande, mediese afval, omheining en rehabilitasie beoordeel.

Nel sê die meeste stortings­terreine in die Vrystaat is in ’n haglike toestand.

“Slegs twee van die 28 terreine wat besoek is, het meer as 50% behaal,” sê Nel.

Die toedrag van sake kan hoofsaaklik toegeskryf word aan swak bestuur deur die munisipaliteite, asook regulasies en wette wat nie toegepas word nie.

Dit word hoofsaaklik toegeskryf aan swak bestuur deur die munisipaliteite, asook regulasies en wette wat nie toegepas word nie.

Die grootste kwessies wat tydens die oudit uitgewys is, is onder meer die afwesigheid van lisensies vir afvalbestuur en die wanbestuur van terreine.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.