Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Styl-ikon spreek vroue toe

’n Vroueoggend word Saterdag (16/02) by die Kroonstad-selgemeente, met Aletté Winckler as gasspreker, aangebied en almal is welkom om dit by te woon.

Die geleentheid vind om 09:00 by die gemeente te Reitzstraat 6 plaas.

Aletté het ’n graad in joernalistiek, is ’n motiveringspreker, skrywer, liedjieskrywer, televisie-aanbieder, stylkonsultant en die uitvoerende hoof van The South African Image Academy.

Hierdie styl-ikon is passievol oor die lewe.

Sy glo uiterlike skoonheid is slegs moontlik as skoonheid van binne kom.

Deur haar praatjies motiveer sy vroue, ongeag die seer, knelpunte en bekommernisse van die hedendaagse lewe, om hulle na God te draai.

Sy moedig hulle aan om hul godgegewe potensiaal, talente en skeppingsdoel ten volle uit te leef.

Aletté deel graag haar lewenservaring as ma van drie seuntjies en vrou van die bekende sanger, Heinz Winkler.

Haar praatjies gee ’n vars perspektief op die lewe en sy deel dit op haar unieke humoristiese manier.

Kaartjies is teen R120 by die kerkkantoor beskikbaar.

Skakel 056-212-4308.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.