Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Swak diens by hospitaal ontstellend

Marie Loubser, Kroonstad:

Ek skryf hierdie brief na aanleiding van die slegte diens wat ons onlangs by die Boitumelo-hospitaal in Kroonstad ontvang het.

Ná meer as een besoek aan die kliniek en private dokters (wat ons elke keer baie geld kos) het ons besluit om ons kinders weer na die Boitumelo-hospitaal te neem met die hoop dat die personeel daar ons sal kan help.

Ons twee kinders (onderskeidelik vier en ses jaar oud) het albei chroniese mangelontsteking, en hul mangels moet so gou moontlik uitgehaal word.

Met ons aankoms by die hospitaal is ons lêers getrek en is ons na die pediatriese afdeling verwys waar die dokter daar ons na die buite-pasiëntafdeling, die SOPD, verwys het.

Hier moes ons ’n bespreking doen en ’n datum vasstel waarop die mangels verwyder kan word.

Met ons aankoms by die SOPD is ons na die chirurgiese-saal verwys, want die SOPD het daardie dag nie funksioneer nie.

Die susters was so besig om te klets dat ons nogal lank vir diens gewag het.

Uiteindelik het hulle ons gehelp en gesê dat hospitaalplek in Bloemfontein vir die volgende vyf maande vol bespreek is.

Ek voel hulle het geen poging aangewend of moeite gedoen om te kyk of hulle wel kan help nie.

Die vrou van Bloemfontein met wie ons gesels het, was so ongeskik en het nie eens kans gegee dat daar verduidelik word waarom dit ’n noodsituasie is dat die kinders se mangels uitgehaal moet word nie.

Ek voel dit is nie reg dat mense se lewe op die spel geplaas word nie, aangesien die aangetaste mangels reeds die kinders op talle maniere benadeel, soos hul hande, vel en tande.

Daar is nie ’n spesialis beskikbaar om mangels uit te haal nie.

Hulle kan ook nie een van Bloemfontein laat kom of aanstel nie. Na wat verneem word, is die dokter wat dit wel gedoen het, nie betaal nie.

So ek vra met trane in my oë: Hoe kan enige mens tevrede wees met sulke omstandighede? En dan: om so lank te wag, is ook nie reg nie.

My kinders het reeds te veel kere antibiotika en ander medisyne gebruik en geen kind kan heeltyd medisyne gebruik nie.

Die gemeenskap moet saamstaan en op mediese diens aandring.

Boonop is die badkamers vuil en onhigiënies. Kragproppe in die hospitaal is ook oop en gevaarlik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.