Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Swart gordel blitsig syne

’n Lid van die Kroon JKA-karate­klub het op 12 Oktober sy swart gordel in dié sportsoort verwerf.

Dimitri Papapanos (18), ’n matriekleerling aan die Hoërskool Kroonstad, het die prestasie behaal met die provinsiale swartgordelgradering wat in Welkom gedoen is.

Dimitri, wat die gevegsport nog skaars twee jaar en tien maande beoefen, het die karate-leer vinnig geklim.

“Gewoonlik neem dit tussen vier en ses jaar vir ’n student om ’n swart gordel te verwerf,” sê Michelle Goosen, dojo-hoof van die Kroon JKA-karateklub.

Dimitri word daarom as ’n uitnemende student beskou. Sy afrigters reken hy presteer so goed vanweë ’n natuurlike aanvoeling en ingebore talent.

“Dit verg intense werk en ten minste ses maande se harde oefening vir studente om hulself vir die swartgordelgradering voor te berei. Die studente oefen dan vir drie uur per dag.”

Dimitri word deur Goosen en Debbie Unwin afgerig.

Die Kroon JKA-karateklub het 30 aktiewe lede en die oefentye is Maandae tot Donderdae van 17:00 tot 19:00 by die Kroonstad-klub.

Bel Goosen by 083-683-9977.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.