Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Swemgeriewe steeds ’n knelpunt

Swemmers in die Kroonstad-omgewing is raadop oor die dorp se beperkte geriewe.

Nie net sukkel hulle om hul sportsoort te beoefen nie, maar dit hou ook negatiewe gevolge vir die dorp se ekonomie in.

Die enigste Olimpiese standaard 50 m-swembad waarin swemmers vir provinsiale en nasionale galas kan oefen, is die Môrewag-swembad. Dié is egter glo in ’n gehawende toestand.

Plaveisel en waterpype moet by die swembad vervang word. Die swembadwater is grasgroen en is onhigiënies vir swemmers om te gebruik.

“Mense kan by Brentpark of Kroonpark swem, maar moet vir kompetisies in die Môrewag-swembad oefen,” sê raadslid Marelize Boeije.

“Die probleem sloer al bykans twee jaar voort, omdat die swembaddens in die dorp nie behoorlik in stand gehou word nie.

“In die verlede is groot swem­galas gereeld hier aangebied, wat ’n reuse- ekonomiese inspuiting vir Kroonstad was. Swem is ’n sportsoort wat deur oud en jonk beoefen kan word, en is belangrik vir jong kinders se ontwikkeling. Nou word hulle benadeel – waar moet hulle swem? Deesdae word die kompetisies meestal in Sasolburg aangebied wat ’n ekonomiese verlies vir ons as Kroonstadters is,” sê sy.

Swemmers voel genoop om elders in die streek te gaan oefen, hetsy in Welkom, Sasolburg en Orkney. toe ry en dit is ’n ekstra finansiële uitgawes om swem as ’n sport te beoefen.

Kontrakteurs van ander provinsies is glo deur die Moqhaka-munisipaliteit aangestel om die herstelwerk te doen, maar dit is nog nie voltooi nie.

Kroonnuus het voorheen berig dat die dorp se swemgeriewe teen Januarie 2019 vir die swemseisoen gereed sal wees.

’n Jaar later is die swemgeriewe steeds nie gereed nie.

Die enigste munisipale swem­geriewe wat vir die gemeenskap beskikbaar is, is by Brentpark en Kroonpark. Dit belemmer egter die swemmers se tye om daar te oefen.

Raadslid Spaskie Geldenhuis het glo ter voorbereiding vir die Quantum-Boerefees Kroonpark se geriewe gaan ondersoek, en het bevind dat die oord in ’n goeie toestand is.

“Die swembaddens is skoon, maar daar is probleme wat nog aandag verg. Tog is Kroonpark toeganklik vir besoekers,” sê Geldenhuis. “Danksy die feesorganiseerders is die gras ook mooi kort gesny. Indien daar ander klagtes rakende die park is of voorstelle kan die inwoners my kontak by 082-417-8987” sê

Soos voorheen berig is die Noordoewer-swembad al meer as twee dekades in onbruik, asook die departement van korrektiewe dienste se Olimpiese standaard 50 m-swembad.

  • Navrae oor die toestand van die Môrewag-swembad is aan die munisipale woordvoerder gerig, maar die koerant wag nog op terugvoering.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.