Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Swemmers presteer

Die Kroonheuwel- Primêre Skool se swemspan het goed gevaar op die Noord-Vrystaat- en Fezile Dabi-kampioenskapsbyeenkoms.

Die span was algeheel tweede op die Noord-Vrystaat-byeenkoms in Sasolburg op 3 en 4 Februarie.

Die swemmers het 16 eerste plekke, 17 tweede plekke en 10 derde plekke behaal.

Op die Fezile Dabi-byeenkoms het Kroonheuwel 15 eerste plekke, 16 tweede plekke en 13 derde plekke behaal.

Die o.10-seuns het in die 200 m-wisselslag en -vryslag-aflos rekords opgestel. Die wisselslag-rekord was 3:27, en is verbeter na 3:23. Die vryslag-rekord is van 2:46 na 2:44 verbeter. Christiaan Jonker, Christoff van Schalkwyk, Alex de Witt en AJ de Witt het vir die span geswem.

Die o.11-meisies het ook Ané Snyders, Isabelle Welgemoed, Cala Welgemoed en Kayla Welgemoed’n rekord in die 200 m-vryslag-aflos opgestel. Die tyd is van 2:47 na 2:40 verbeter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.