Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sy mik na goud

’n Jong, veel­sydige sportvrou hoop om volgende jaar minstens drie goue medaljes op die Vrystaat-atletiekbyeenkoms te verower en wil graag weer vir die nasionale byeenkoms kwalifiseer.

Anricke Scriven (17), ’n gr. 11-leerling aan die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool), is ’n uitblinker op die atletiekbaan en speel ook vir haar skool se eerste span hokkie en tennis.

Sy glo sport bou karakter en dit help boonop om ’n gebalanseerde leefstyl, fisiek en emosioneel, te handhaaf.

“ ’n Gesonde liggaam huisves beslis ’n gesonde gees,” sê sy.

Uit die drie sportsoorte wat sy beoefen, is atletiek haar gunsteling omdat dit so adrenalienbelaai is en gesonde kompetisie bied.

“Atletiek het my geleer van uithou en aanhou, en omdat dit ’n sportsoort is waarin jy alleen meeding, verg dit baie selfdissipline en deursettings­vermoë.”

Anricke is vier jaar agtereenvolgens vir die Vrystaat-atletiekspan gekies wat op die nasionale byeenkoms meeding.

Verlede jaar het sy op die Vrystaat-byeenkoms goue medaljes in die 200 m en verspring verwerf.

Haar pa, Eric, rig haar al die afgelope ses jaar af en hy is ook haar grootste motiveerder en mentor.

“Ek sal hom ewig dankbaar wees vir sy opofferinge, toewyding en tyd.”

Anricke is die afgelope drie jaar ook in die Noord-Vrystaat-hokkiespan ingesluit.

Tydens die staat van inperking volg sy haar eie daaglikse oefenprogram en doen sy spieroefeninge (plyometrics) saam met haar pa.

Haar rolmodel is die atleet Usain Bolt. Sy bewonder hom vir sy selfversekerdheid, nederigheid en sy vermoë om goed onder druk te presteer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.