Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Talente vertoon

Groot opgewondenheid heers oor vanjaar se Kroonstad-eisteddfod, wat van Woensdag (08/08) tot Vrydag 17 Augustus plaasvind.

Almal is welkom om dié kultuuraktiwiteit in die dorp te ondersteun en te sien en hoor hoe leerlinge hul talent ten toon stel.

Program

Dans: Dit word Woensdag (08/08) van 11:00 tot 18:00 in die Hoërskool Kroonstad se saal deur Manulani Swanepoel beoordeel.

Spraak en drama: Dié afdeling word van 14 tot 17 Augustus van 08:00 tot 17:00 by die Sentrale Volkskool aangebied. Dit word deur Kristen Raath beoordeel.

Instrumentaal: Beoordeling van die onderskeie afdelings is uiteengesit.

  • Klavier – op 14 Augustus van 13:00 tot 18:30 in die NG kerk Kroonstad-Suid se saal.
  • Strykers – op 15 Augustus van 08:30 tot 12:00 in die NG kerk Kroonstad-Suid se saal.
  • Ensembles – op 15 Augustus om 13:30 in die NG kerk Kroonstad-Suid se saal.
  • Blaasinstrumente en klavier – op 16 Augustus van 08:30 tot 18:30 by die Kroon Primary School.
  • 17 Augustus van 08:15 tot 17:00 by die Kroon Primary School, beoordeel deur Kobus Groenewald en dr. Bertha le Roux.

Vokaal: Sanggroepe en laer- en hoërskool­kore word op 15 Augustus van 13:30 tot 19:00 in die NG kerk Kroonstad-Suid se saal beoordeel.

Sang word op 16 en 17 Augustus van 08:30 tot 18:00 in die NG kerk Kroonstad-Suid se saal deur Siegfried Pretsch beoordeel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.