Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tegnologie maak deure oop – en toe

Moderne tegnologie is ’n wonder­like ding. Dit maak deure oop en vergemaklik ’n ieder en ’n elk se lewe op verskeie maniere.

Tegnologie en die kuberruimte stel ons in staat om dinge te doen wat jare gelede ondenkbaar sou wees. Besighede gedy hierdeur.

Saketransaksies is vinniger met die e-posstelsel en vergaderings wat via Skype kan plaasvind.

Elektroniese banktransaksies is gerieflik, en persoonlike inkomstebelasting kan vinnig en maklik aanlyn afgehandel word.

Ons kinders se wêrelde word verbreed, en huiswerk en skooltake kan met die druk van ’n knoppie spoedig en met min moeite voltooi word.

Een van die nuutste tegnolo­giese ontwikkelings waarvan Kroonstad deel kan wees, is elektriese motors.

Elektriese motors is baie gewild, en veral vir die omgewingsbewustes ’n moet-hê.

Die laer onderhoud- en instandhoudingskoste is ’n groot voordeel, en die bydrae tot die bewaring van die omgewing van onskatbare belang.

Die motor bly egter steeds afhanklik van ’n kragbron waar die battery herlaai kan word.

Dit is hier waar Kroonstad nie agterbly nie en nou ook met ’n herlaaipunt vir elektriese motors spog.

Inderdaad opwindende tye.

Die anderkant van die muntstuk is egter dat duisende mense jaarliks hul werk verloor, omdat moderne tegnologie die behoefte aan ’n groot werksmag verminder.

Moet ons juig? Of moet ons tog ’n bietjie bekommerd wees oor hoe moderne tegnologie die ekonomie – en, meer spesifiek, die werksmag – beïnvloed?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.