Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tegnologie troef

In die baie interessante nuwe omstandighede wat ons omring, is ’n mens dankbaar vir tegnologie om met ander in kontak te kan bly.

Dit is verseker vreemde tye en almal mis hul familie, vriende en kollegas.

Oud en jonk, dié wat tegnologievaardig is en die minder vaardiges, word nou genoodsaak om meer deeglik hiermee kennis te maak.

Ons moes almal vinnig leer van Skype, Zoom en voorheen onbekende sosialemedia­platforms.

Selfs diegene wat nie voorheen van sagtewareprogramme soos Zoom geweet het is, is nou bewus van hoe dit die wêreld kleiner maak en mense help kommunikeer.

Van die programme maak dit vir werkgewers, asook aanbieders by opleidingsentrums, universiteite en skole, in ’n groot mate moontlik om met hul werk voort te gaan.

Weens die Covid-19-pandemie wat wêreldwyd verwoesting saai, is sulke programme nou ’n noodsaaklike instrument om die daaglikse werk en opleiding met minimale ontwrigting voort te sit.

Dus is tegnologie nie noodwendig van die duiwel, soos talle van die nie-vaardiges soms voel nie. Tegnologie maak die inperkingstyd draagliker en laat die nuwe normaal meer normaal voel.

Aanlyn inkopies is byvoorbeeld ook aan die orde van die dag. Met die druk van ’n knoppie is aflewering op jou voorstoep moontlik, en dit is beslis ’n veilige en gerieflike opsie.

Die pandemie gaan na verwagting binnekort sy piek in Suid-Afrika bereik. Daarom voel dit vir baie veiliger om hul besigheid en inkopies eerder aanlyn te doen.

Intussen het ons met ons vriende en familie van oor die wêreld heen in kontak gebly en kon ons die lief en leed en ervarings van die pandemie deel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.