Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tehuis kry hulp

’n Bekende vulstasie in Kroonstad doen maandeliks ’n gemeenskapsprojek, en Huis Vredesorg het in Julie aan die beurt gekom.

Dié tehuis het ontstaan toe omgeemense van Kroonstad ’n bejaarde man, wat in haglike omstandighede gewoon het, besoek het.

Wyle Edward Odendaal en sy vrou, Magda, het ’n behoefte raakgesien en ’n perseel in Philipstraat, Kroonheuwel, vir behoeftige bejaardes beskikbaar gestel.

Huis Vredesorg help hulpbehoewende bejaardes wat geen ander heenkome of familie het nie.

Die tehuis steun op skenkings van gemeenskapslede en sakeondernemings om hom aan die gang te hou.

Elke lid van ons gemeenskap wat die Quest vulstasie Kroonstad ondersteun, lewer ’n onbaatsugtige bydrae tot die Kroonstad gemeenskap, en oOns gaan elke maand ’n liefdadigheidsorganisasie identifiseer en bystaan,” sê Eben Smith, verteenwoordiger van Quest Petroleum se Kroonstad-tak.

Dié vulstasie het geldelik tot die tehuis bygedra.’n ruim bedrag aan die tehuis geskenk vir hulle bedrywighede.

Vir meer inligting oor hoe om by Huis Vredesorg betrokke te raak, skakel 056-215-1006.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.