Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Transnet ‘speel met oues se toekoms’

“Ek het werklik twee betaalstrokies van Transnet-pensioentrekkers gesien waar die ou mense ná aftrekkings soos vir ’n siekefonds net R1 uitkry. Dit is hartverskeurend.

“Die pensioentrekkers is deur die destydse apartheidsregering in die 1980’s versaak. Nou word hulle deur die huidige regering in die steek gelaat.”

Só het adv. Anton Alberts van die VF Plus by ’n inligtingsessie by Huis Edelkroon in Kroonstad aan Kroonnuus gesê. Byna 200 belanghebbendes het Dinsdag (20/11) se sessie bygewoon.

Hy sit sy hart en siel, kennis en tyd in om verontregte Transnet-pensioenarisse se lot in die hof te verbeter.

Alberts en ’n regspan het in 2016 ’n klas-aksie teen Transnet se Transport­pensioenfonds en sy Tweede Vaste Voordeelfonds begin.

“Transnet vertraag die regsproses met besware teen argumente en redekawel om nie pensioentrekkers se regmatige aandeel te betaal en sodoende hul lewens- omstandig­hede te verbeter nie,” sê Alberts.

Hy meen die regspan gaan van die uitgangspunt dat Transnet gebonde sal wees sonder bewys dat daar ’n kontrak was. In die grondwethof is gelyk gegee dat dié argument as deel van die dagvaarding teen Transnet gebruik mag word. Dit is in April beslis en dié argument word in die voortgaande regsproses gebruik, sê hy.

Onderhandelinge deur die regspan in belang van die Transnet-pensioentrekkers om ’n skikking te bereik, was onsuksesvol “omdat Transnet ’n swak aanbod gemaak het”.

’n Hofdatum sal waarskynlik vroeg in 2019 vasgestel word.

Volgens Alberts word die belange van pensioentrekkers op parlementêre vlak en die hoogste hofvlak beveg.

Die VF Plus hou oor die land heen inligtingsessies om pensioentrekkers op die hoogte te hou van die klas-aksie se vordering.

Alberts sê die V&A Waterfront in Kaapstad is deur die pensioenfonds gekoop om te ontwikkel. Dié bate is toe wel onder Transnet verkoop, en ’n deel van die geld is as ’n lening teruggehou.

“Dit sou tot die voordeel van die oues gewees het, maar dit het toe nie gebeur nie,” sê hy.

Alberts sê die skade lê in die abstrakte finansiële instrumente en die effekte wat tot voordeel van die fonds uitgereik moes word.

’n Bepaling kortwiek die welstand van pensioentrekkers omdat jaarlikse verhogings van slegs 2% te kort skiet. Effekte is in die 1990’s tot 2001 uitbetaal om “ ’n ietsie ekstra vir die oues te gee”.

In 2001 is die effekte eensydig kanselleer.

“Effekte in Mcell (MTN) is nie deur Transnet in die fonds teruggesit nie,” sê Alberts.

Transnet het glo twee groot sondes gepleeg met die pensioenuitbetalings aan begunstigdes.

Die eerste sonde is die R17,6 miljard wat “in lyn met die belofte” aangevul moes word. Die destydse regerende party van 1989 tot en met 1993, die Nasionale Party wou nie van bates ontslae raak nie.

“Skuld is in die wetgewing ingeskryf en sowat 12% moes tot voordeel van die pensioentrekkers gebruik word.”

Transnet se tweede sonde is die kwessie oor die effekte.

“Die eis teen Transnet is astronomies,” sê Alberts. Hy meen die opgeloopte effekte is nagenoeg R79 miljard, en met rente van 10,25%, soos deur die hof bepaal, is die eis byna R100 miljard.

Die staat staan in vir Transnet se skuld en, sou die hof die eis geldig verklaar, “kan die land se ekonomie maklik tot rommelstatus verlaag word,” sê Alberts.

“Transnet speel met die land én pensioentrekkers se toekoms.”

  • ’n Uiteensetting van Transnet se swak skikking, wat die klas-aksie van die tafel gevee het, is op www.geysercoetzee.co.za beskikbaar.

Transnet vertraag die regsproses . . . om nie pensioentrekkers se regmatige aandeel te betaal . . .

-Adv. Anton Alberts

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.