Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Troeteldiere gratis behandel

Die veeartsenykundige dienste van Kroonstad sal troeteldiere in Rammulotsi, Viljoenskroon en Vierfontein gratis teen honds­dolheid inent, ontwurm en vir eksterne parasiete dip.

Só sê dr. Tonia Anthonissen, staatsveearts, en nooi inwoners van dié omgewings uit om hul diere op die betrokke dae tussen 08:00 en 16:00 aan ’n halsband na ’n perseel te bring vir dié noodsaaklike behandeling.

Die program is soos volg:

  • Maandag 16 Julie; Rammulotsi; by die Hoërskool Rehauhetswe, die Hoërskool Kgolagano en die Ango Maseola-kliniek.
  • Dinsdag 17 Julie; by die Tshepahalo-gemeenskapsaal, Belemond-park, en die Dr. Sello-skool.
  • Woensdag 18 Julie; by die Viljoenskroon-stadsaal en Vier­fontein-Noord (08:00 tot 18:00).
  • Donderdag 19 Julie; by die Boeresaal en die Vier­fontein-Suid-ontspanningsaal (09:00 tot 17:00).
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.