Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tuna-vorm lei Kersmaal in

’n Tuna-vorm, wat boonop ekonomies is, is ’n geskikte voorgereg vir die feestyd. En met ’n kleurvolle tamatiebolaag, word herinneringe aan die 80’s herleef.

Bestanddele

15 ml gelatien

250 ml hoenderaftreksel

5 ml suurlemoensap

halwe piekel-ui, gerasper

15 ml tamatiesous

5 ml Worcestersous

knippie suiker

1 blik tuna, gedreineer en gevlok

125 ml room, geklits

2 eierwitte, geklits

Tamatiebolaag

175 ml mayonnaise

15 ml ansjovispasta

groot knippie suiker

1 blik (170 ml) tamatiesap

10 ml gelatien

25 ml koue water

Metode

Maak eers die tamatiebolaag. Meng die mayonnaise, ansjovispasta en suiker. Giet die tamatiesap in ’n klein bakkie, roer 50 ml mayonnaise in en klits goed.

Maak die gelatien sag in koue water en los op oor lae hitte. Roer dit dan by die tamatie-en-mayonnaise-mengsel.

Giet in ’n 1-liter-visvorm en laat stol in die yskas.

Vir die tunamousse

Maak die gelatien sag in hoenderaftreksel, roer oor lae hitte tot opgelos en giet in ’n bak.

Voeg suurlemoensap, ui, tamatiesous, Worcestersous, suiker en tuna by.

Maak die mengsel in ’n voedselverwerker glad. Roer die res van die mayonnaise in, vou room en eierwitte in.

Giet versigtig oor die eerste tamatielaag, wat gestol moet wees en plaas in die yskas tot ferm.

Keer die vorm voor opdiening uit, bedien met ’n ligte slaaisous.

Nota: Avokadoslaai werk uitstekend saam met dié tunavorm.

Thlapi wa tuna

15 ml gelatine

250 ml boloko wa kgoho

5 ml moro wa sirilamunu

½ eie wa litlolo,

15 ml moro wa tamati

5 ml moro wa Worcester

hanyane tswekere

1 koti koti tuna, etsa e tletse

125 ml romo, fuduha

2 mahe e tšoeu fela, fuduha

Lera wa tamati

175 ml mayonnaise

15 ml tlhahiso ea litlhapi (Anchovette)

hanyane twekere

1 koti koti lero a tamati (170 ml)

10 ml gelatine

25 ml metsi a batang

Mokgwa

Etsa lera wa tamati. Kopnaya mayonnaise, Anchovette le tswekere. Tshela moro a tamati ka baka, kopanya 50 ml mayonnaise ka motswako. Fuduha hantle.

Tshela metsi hodimo gelatine.

Futhametse gelatine. Kopanya ka tamati le mayonnaise motswako.

Tshela ka hare 1 l sekotlolo wa thlapi. Beha ka hare forige.

Etsa tuna lera

Kopanya gelatine ka hare kgoho wa boloko metsi. Futumetse setofo wa low. Tshela ka sekotlolo.

Kopanya moro wa sirilamunu, eie, moro wa tamati le Worcester, tswekere le tuna. Fuduha ka hare motlakase oa lijo.

Kopanya mayonnaise ka motswako. Tshela mahe e tšoeu le romo. Tshela motswako hodimo lera a tamati.

Beha ka hare forige.

Phepa hodimo selae.

Avocado ba sebetsa hantle ka di thlapi ena risepe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.