Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee genooi na Slowakye

Twee Kroonstadters, Melany van Zyl (23) en Rubin Botha (26), het in September aan die wêreldbeker-liggaamsbou­kompetisie van die Internasionale Federasie vir Liggaamsbou en Fiksheid (IBFF) deelgeneem en hul spiere behoorlik laat bult.

Dit was die eerste keer dat die IBFF die wêreldbeker in Suid-Afrika aangebied het. Sewe lande het aan die kompetisie deelgeneem. Dit sluit Ghana, Indië en Italië in.

Van Zyl het in 2015 aan dié sportsoort begin deelneem en het in 2017 haar eerste kompetisie aangedurf. Sedertdien het sy in 12 liggaamsboukompetisies meegeding.

In die wêreldbekerkompetisie wat op 7 September in Gauteng aangebied is, was sy algeheel tweede in haar afdeling (“Miss Figure”).

Sy is genooi om aan die wêreldbekerkompetisie deel te neem wat op Saterdag 19 Oktober in Slowakye aangebied word.

Van Zyl het tot dusver al drie eerste plekke, nege tweede plekke en twee derde plekke in liggaamsboukompetisies behaal.

Die bekoring wat dié sportsoort vir haar inhou, maak dit lekker om doelwitte te stel.

“Tydens een van die IBFF-kompetisies waarop ek ’n toeskouer was, was ek aangenaam verras oor hoe goed die deelnemers gelyk het. Net daar het ek besluit dat ek die volgende jaar ook op daardie verhoog sou staan,” sê Van Zyl.

Botha oefen sedert 2010 in die gim­nasium, maar die kompetisiegogga het hom ook gebyt nadat Van Zyl aan kompetisies begin deelneem het. Hy het in 2017 aan sy eerste liggaamsboukompetisie deelgeneem.

Sedertdien het hy aan nege kompetisies deelgeneem.

In die wêreldbekerkompetisie in September was hy algeheel derde in sy afdeling (onder 90 kg, swaargewig). Hy is ook genooi om in Slowakye deel te neem.

Hy het in die kort tydjie dat hy in kompetisies meeding reeds vier eerste plekke, een tweede plek en drie derde plekke behaal.

Die paartjie glo dat dissipline uiters belangrik is vir deelname aan dié sportsoort en hulle volg 12 weke voor ’n kompetisie ’n baie streng eet- en oefen­program. Hulle oefen gemiddeld twee uur per dag.

Dit is vir albei heerlik om aan kompetisies deel te neem en hulle is altyd gereed vir ’n nuwe uitdaging.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.