Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee in hof vir moord op bejaarde

Twee jeugdiges, een die seun van ’n polisielid en die ander ’n minderjarige, is deur die polisie in Kroonstad in verband met die moord op Gert Burger (65) aangekeer.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het bevestig dat Pheello Rakaki (19) saam met ’n 16-jarige seun van die moord op Burger aangekla word.

Hulle het reeds in die hof verskyn.

Burger is Saterdag 23 Februarie in sy motorhuis ingewag en doodgesteek voordat sy lyk in ’n plastiekseil toegedraai is.

Burger se dogter, Linette Erasmus, sê een van die twee beskuldigdes het aan die polisie erken dat hy en sy makker reeds voorheen in die Burgers se erf en selfs in die huis was.

Sy sê die moord is volgens die polisie deeglik beplan.

’n Tuinwerker van Burger het glo op ’n jong man afgekom net toe dié in Burger se erf ingespring het.

Hy het toe weer oor die muur tot in die buurman se erf gespring.

Burger en die tuinwerker het kort daarna op ’n plastiekseil, ’n mes en skroewedraaier in die motorhuis afgekom.

Erasmus sê sy glo haar pa het nie tyd gehad om op die dreigende gevaar te fokus nie, omdat haar ma Martie tot die dag voor sy moord in die hospitaal was.

“My pa het my ma Vrydagoggend by die hospitaal gaan haal en die Saterdag is hy vermoor,” sê Erasmus.

Martie is bedlêend en was in haar slaapkamer ten tye van die moord.

Rakaki moet weer Woensdag (06/03) in die hof verskyn. Die minderjarige is in die sorg van sy ouers vrygelaat.

Burger se herdenkingsdiens is gister (04/03) om 11:00 vanuit die NG kerk Kroonstad-Noord gehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.