Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uitblinker vir prestasies vereer

Wian Pienaar, ’n leerling aan die Kroonheuwel- Primêre Skool, is op die skool se prestige-aand saam met twee ander leerlinge met ’n sertifikaat vir verdienstelikheid vereer.

Sy netheid en vriendelikheid het erkenning gekry en hy spog met onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde en lewensvaardigheid.

Hy was in die Kroon- en Fezile Dabi-atletiekspan, asook die krieketspan (ligawenner). Hy is ’n tweede jaar agtereenvolgens in die Vrystaat-landloopspan ingesluit en het erekleure in tweekamp gekry. Die wisseltrofee vir beste seunsatleet is aan hom toegeken.

Hy spog met ’n eerbewys vir redenaars (brons), Voortrekkers (goud) en die Kroonstad-eisteddfod (brons).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.