Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uitbreking ’n noodtoestand

Die koronavirus wat in China uitgebreek het, is Donderdagaand (30/01) amptelik tot ’n internasionale noodtoestand verklaar.

Die virus, wat vinnig versprei, het reeds lewens geëis.

Tedros Adhanom Ghebreyesus, hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), het die aankondiging gedoen nadat ’n paneel deskundiges deur die loop van Donderdag vergader het om die situasie te bespreek.

Die dodelike virus het verlede maand in die sentrale provinsie Hubei se hoofstad, Wuhan, op ’n kosmark uitgebreek waar onder meer eksotiese wild verkoop is.

Volgens amptelike data was daar onlangs 7 834 bevestigde gevalle van die griepagtige siekte wêreldwyd, waarvan byna 99% (7 736) in China aangemeld is. Daar was in dié stadium 98 bevestigde gevalle in 18 lande buite China. Dit sluit in die oordrag van die virus van mens tot mens in Duitsland, Japan, Viëtnam en die VSA.

Die WGO het die versekering gegee dat hy met nasionale en internasionale belang­hebbendes saamwerk om die uitbreking so gou moontlik onder beheer te kry.

Die organisasie sê hy het steeds vertroue dat China die kapasiteit het om die uitbreking te beheer. Sy grootste vrees bly egter dat die virus kan versprei na lande wat swakker gesondheidstelsels in plek het en wat nie voorbereid daarop is om doeltreffend op so ’n krisis te reageer nie.

Die virus het “eksponensieel” versprei sedert die noodkomitee sowat ’n week gelede vergader het. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.