Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uitslae skool se trots

Die Hoërskool Kroonstad se 2019-matrikulante het in die eindeksamen uitstekend gevaar.

Dié skool het ’n 92,6%-slaag­syfer behaal, met 67 leerlinge wat toelating tot ’n universiteit van hul keuse gekry het. Altesaam 37 kan ’n diplomakursus by enige tersiêre inrigting volg.

Die gr. 12-dux-leerling, Justin Pieters, spog met onderskeidings in wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskap, ingenieursgrafika en -ontwerp, addisionele wiskunde en elektriese tegnologie.

Kort op sy hakke is Mofate Leopeng, wat onderskeidings vir wiskunde, rekeningkunde, lewenswetenskap, fisiese wetenskap en lewensoriëntering agter haar naam kan skryf.

Suné Grobler, Otloleng Mabale, Candice Smit en Elmar van Aardt het elk drie onderskeidings verwerf.

Vyf van die skool se leerlinge het twee onderskeidings behaal.

Die skool het altesaam 79 onderskeidings behaal.

“Ons is trots op ons matrieks se uitslae. Dit dui op hul harde werk en onderwysers se toewyding om tot leerlinge se sukses by te dra,” sê William Drinkwater, skoolhoof.

“Ons skool is slaggereed om die 2020-matrikulante sommer baie gou in die regte ingesteldheid vir die jaar te kry.

“Hiermee wens ons ook al ons matrikulante ’n wonderlike en geseënde toekoms toe.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.