Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vee uit alle oorde opgeëis

Bykans 400 beeste, waarvan die meeste vermoedelik gesteel is, is op ’n plaas buite Steynsrus opgespoor.

Die polisie en boere van talle distrikte in die Vrystaat probeer sedert Donderdag (04/04) die wettige eienaars van dié vee opspoor.

Sylvanus Watson, ’n boer van Steynsrus, sê lede van Heilbron se veediefstaleenheid en van die polisie in Kroonstad het saamgewerk vir dié deurbraak.

Die veediefstaleenheid het ’n lasbrief verkry om op die plaas Makawaansbank, tussen Steynsrus en Senekal, na gesteelde vee te soek.

Watson sê gerugte dat daar gesteelde vee op die plaas is, het vinnig versprei en boere het van so ver soos Clocolan en Fouriesburg daarheen gery in die hoop om hul vee te identifiseer, terwyl boere van so ver soos Gauteng navraag doen.

Die uitkenning van die vee word egter bemoeilik omdat die diewe hul eie brand­merke op die diere aangebring het. Van die beeste se ore is afgesny om identifikasie te bemoeilik.

Ben van Niekerk, ’n boer van Steynsrus, het 16 beeste teruggekry. Van die koeie het gekalf nadat hulle op sy plaas gesteel is.

Hy sê veediewe is geslepe en verkoop die vee ver van die omgewing waar dit gesteel is. In een geval het veediewe wat in Senekal woon, ’n sleepwaentjie in Bloemfontein gehuur, skape in die Senekal-distrik gesteel en dit in Kroonstad gaan verkoop.

Vee wat moontlik gesteel is, word glo ook op ’n staatsplaas buite Steynsrus aangehou. Omdat dié vee nog nie deur enige klaers uitgeken is nie, kan die polisie nie optree nie.

’n Slaghuiseienaar van die Goudveld is een van die verdagtes in die huidige ondersoek, terwyl ’n man wie se familielid in November in verband met veediefstal tronkstraf opgelê is, ook Donderdag in hegtenis geneem is.

Kapt. Stephen Thakeng, polisie­woordvoerder, het bevestig twee verdagtes, onderskeidelik 54 en 74 jaar oud, is in hegtenis geneem.

Hulle sou gister (08/04) in die landdroshof in Lindley verskyn.

Boere wat vermoed hul vee is op die plaas, kan Niekie Grobler by 082-443-7262 bel, of George van Huyssteen by 082-402-2709.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.