Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Veerpyltjies trek reg

Die Kroonstadse veerpyltjieklub, Ligers, spog vanjaar as die Noord-Vrystaat-ligawenner, asook as die wenner van die Reatla- en Kaltronbeker.

Die A-span het die Kaltron-toernooi ’n tweede jaar agtereen­volgens gewen.

Ligers se B-span staan nie terug nie, en het ook die liga, asook die Reatla- én Kaltronbeker, in die B-afdeling gewen.

Die klub het op 10 November aan die Vrystaat-klubkampioenskapsbyeenkoms deelgeneem en dra die kroon as die Vrystaat-veerpyltjiekampioen in 2018.

In die plaaslike Tennessee Spur-toernooi tussen die klub en die departement van korrektiewe dienste (DKD) se klub, is Ligers as die algehele wenner gekroon.

“Sonder borgskappe en ondersteuning van die gemeenskap sou dié sukses onmoontlik gewees het,” sê Gideon Bans Koertze, klubwoordvoerder.

Belangstellendes kan van 15 Januarie om 18:00 af by die Kroonstad-polisiekantien hul hand aan dié sport waag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.