Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Veldtog beveg onkunde

“Dit is Ek” is vanjaar die tema van nasionale epilepsie-week.

Dié tema is gekies om mense in te lig dat epilepsielyers nie ’n homogene groep is nie – elkeen is ’n individu. Die veldtog plaas ook fokus daarop dat enigiemand op enige tyd epilepsie kan kry.

Deur hierdie week se bedrywighede te steun, word lyers se selfbeeld versterk.

Epilepsie-dag en -week se doel is om algemene bewustheid oor epilepsie te skep.

Jaarliks bied Epilepsie Suid-Afrika verskeie geleenthede aan, waaronder bewusmakings­praatjies, danspartye, pretlope, inligtingsveldtogte, gala-etes en pad­versperrings waar inligting met die publiek gedeel word.

Hoewel Epilepsie Suid-Afrika reeds sedert die 1960s dienste aan lyers verskaf, is Epilepsie-dag die eerste keer in 2015 gehou. Dit word jaarliks in die tweede week van Februarie in meer as 120 lande gevier.

Die veldtog het twee geluk­bringers: Campi die see­perdjie, wat die vorm van die brein aanneem wat belangrik is in terme van toevalle en epilepsie, en Flame, die amptelike gelukbringer. Flame simboliseer die lig en die verjaging van die donkerte, mites en misverstande rakende epilepsie.

Epilepsie-week word van Maandag (11/02) tot Maandag 18 Februarie gehou.

Vir meer inligting of besonderhede oor gebeure in spesifieke gebiede, skakel 0860-37453779 (0860-EPILEPSY), of stuur ’n e-pos na info@epilepsy.org.za.

Besoek die Facebook-blad of www.epilepsy.org.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.