Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Veldtog fokus op dieregesondheid

’n Veldtog vir dieregesondheidsorg word deur die kantoor van die Kroonstadse staatsveearts en ander staatsveeartse bedryf.

Die doel is om primêre dieregesondheid in die om­gewing te bevorder.

Die gemeenskap sal deur middel van die veldtog ingelig word oor die grondslag waarop alle dieresiektes beheer word.

Die dienste en take van die Primary Animal Health Care-kliniek in Kroonstad sal ook uitgewys word.

Die veldtog dien as bewus­making en is nie begin omdat siektes uitgebreek het nie.

Sessies word Vrydag (10/08) en Dinsdag (14/08) in Steynsrus gehou.

Die fokus is onder meer op hondsdolheid­-inentings, ontwurm­ing en die behandeling teen eksterne parasiete.

Inwoners kan die volgende punte op die onderskeie dae besoek:

10 Augustus:

  • die Matlwangtlwang-biblioteek van 08:00 tot 16:00; en
  • die Laerskool Tharollo van 08:00 tot 16:00.

’n Mobiele kliniek sal van 09:00 tot 12:00 in die gemeenskap rondry en hulp aan diere­eienaars verskaf.

14 Augustus:

Die dienste en die bewus­makingsveldtog word van 08:00 tot 18:00 by die NG kerk Steynsrus se saal aangebied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.