Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Veldtog plaas landbouprodusente in kollig

“Ons moet ’n daadwerklike poging aanwend om ’n nuwe liefde vir landbou te kweek. As jy ’n hamburger eet of ’n bier drink, moet jy ’n boer daarvoor bedank. As jy ’n tjoppie op die kole gooi, moet jy onthou dat daar iewers ’n landbouer is wat dit moontlik gemaak het.”

So sê Ivor Price, a media­persoonlikheid wat die afgelope jaar meer as 100 000 km afgelê het om vir ’n televisieprogram boere se stories te vertel.

Price sê hy ervaar baie onredelike druk op veral wit kommersiële boere, en terselfdertyd ook onkunde oor die bydrae van swart landbouers. Hy het saam met Kobus Louwrens, ook ’n mediakenner, die Farmers for Change-beweging begin om veral swart Suid-Afrikaners te betrek om ’n liefde vir die land se boere en landbouers te bevorder, onder meer deur die Food for Mzansi-handelsmerk.

Die VKB-groep het ’n historiese samewerkingsooreenkoms met die nuutgestigte Farmers for Change-beweging onderteken om ’n meer diverse en genuanseerde beeld van Suid-Afrikaanse landbou te help bevorder.

Die VKB-groep is reeds sedert sy ontstaan bykans ’n eeu gelede toegewyd tot die vind van oplossings vir die gedurig veranderende en uiteenlopende behoeftes van landbouprodusente en verwante belanghebbendes.

Volgens Deon van der Ross, VKB se uitvoerende hoof vir korporatiewe bemarking en kleinhandel, is die Farmers for Change-beweging een van die grootste pro-landbou-bewegings in onlangse geskiedenis.

“Ons doen alles vir die liefde van die land. Ons is oortuig dat landbou Suid-Afrika kan red, ondanks massiewe politieke en ekonomiese druk op die bedryf en ons landbouers. Die Farmers for Change-beweging speel ’n kritieke rol om breër bewustheid te skep van die diversiteit van rolspelers en geleenthede wat die landbou bied,” sê Van der Ross.

Price is daarvan oortuig dat boere meer as enige ander groepering doen om Suid-Afrika te bevorder.

Louwrens, ook ’n digitale strateeg en mede-eienaar van die YehBaby-agentskap, beskryf Food for Mzansi as ’n veldtog om die onbesonge helde van die landboubedryf in die kollig te stel.

“Ons deel suksesstories en goeie nuus van landbouers en agri-ondernemers, soos VKB, wat Suid-Afrika voed. Ons glo in die mag van landbou om nasiebou en maatskaplike samehorigheid te bevorder deur stories wat dikwels deur die breër samelewing oor die hoof gesien word.”

Suid-Afrikaners kan deurlopend op Food for Mzansi se webwerf en sosialemedia-platforms die spogstories van landbouers lees.

VKB is ook opgewonde oor ’n reeks gefokusde skole-loopbaandae en gespreksforums wat vir 2019 beplan word.

Dit sluit in inisiatiewe om mense op voetsoolvlak te bereik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.