Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vermorsing van water ’n skande
P. van der Merwe, Kroonstad:

Die vermorsing van skoon water weens waterlekke in die dorp steek my dwars in die krop!

Daar is twee groot waterlekke in Kroonstad waar baie liters water verlore gaan.

Die een is aan die linkerkant van die smal deel van Noordhoek naby die pad in die vlei tussen die woonstelblokke.

Die ander groot waterlek is in die veld tussen Checkers en die Kroon-hospitaal.

Die lekke is op verskeie geleenthede aangemeld, maar daar word steeds niks aan die probleem gedoen nie.

Intussen is die munisipale watertariewe verhoog sodat ons onwetend vir die watervermorsing moet opdok.

Dit is ’n skande – om die minste te sê – dat betalende inwoners vir die verlies moet pa staan.

Dit is hartseer om te sien hoe die skoon, kosbare water vermors word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.