Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verval ook op burgemeester se voorstoep

Anoniem, Viljoenskroon:

Die skrywe verwys na die hoofartikel in Kroonnuus van 28 Januarie.

Daar word genoem dat die burgemeester van die Moqhaka-munisipaliteit van Viljoenskroon afkomstig is, daarom sien hy toe dat sy geboortedorp aandag kry.

As ontstoke Viljoenskroon-inwoner kan ek dit nie beaam nie.

Ek nooi almal uit om die benarde toestand van ons dorp te kom aanskou.

Viljoenskroon is vieslik vuil en daar is die een slaggat op die ander. Daar word nou en dan teer in die gate gegooi, maar dit is altyd dieselfde paaie wat aandag kry. Reitz-, Powrie- en Viljoenstraat is al amper grondpaaie, om nie eens te praat van die pad wat agter Pick n Pay verby loop nie.

Vuilgoed lê gereeld die dorp vol. Sypaadjies is slordig en bykans al die afvoerpype in die dorp is verstop.

Wanneer dit reën, kan jy in van die slaggate swem.

Die ingange na die dorp is toegegroei, wat sig belemmer en ongelukke kan veroorsaak. Rondom bome word die gras gesny, maar verder staan die res hemelhoog.

Ondernemings in die dorp wat nie meer die chaos kan aanskou nie, ruim die gemors op.

Ongeag of die burgemeester nou van Viljoenskroon afkomstig is, word ook hier die minimum gedoen. Ook hier word net leë beloftes gemaak.

  • In die genoemde hoofartikel word daar slegs verwys na Viljoenskroon wat meestal in die kollig is.

Kroonnuus

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.