Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Virus dalk in buurland gevind

Die eerste vermeende geval van die nuwe koronavirus, Covid-19, in Suider-Afrika is Vrydag (14/02) in eSwatini (Swaziland) aangeteken.

Luidens ’n verklaring deur dr. Samuel Vusi Magagula, adjunkdirekteur van die departement van gesondheid in eSwatini, is die vermeende geval Vrydag by een van die land se gesondheidsgeriewe opgeteken.

’n Woordvoerder van die nood­weerstandseenheid van die departement het die voorval bevestig. Die pasiënt word onder kwarantyn in die staatshospitaal in Mbabane behandel terwyl toetse gedoen word om te bevestig of Covid-19 teenwoordig is. Daar word vermoed die pasiënt het van China in Suid-Afrika aangekom voor die verdere reis na eSwatini.

Die aankondiging kom nadat Egipte die eerste land in Afrika was wat ’n geval van die dodelike virus by die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) aangemeld het.

Dit was die eerste bevestigde geval op die Afrika-vasteland sedert die virus in Desember in Wuhan, China, uitgebreek het.

Dit nadat die pasiënt op 6 Februarie in die land aangekom het ná ’n reis uit China.

Teen Saterdag (15/02) was die dodetal van die dodelike virus 1 523, met meer as 66 400 gevalle wat in China aangemeld is, berig The Guardian.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.