Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vleismark nou nog groter en beter

Die Country Meat-vleismark raak, as ’n handelsmerk, landswyd die toonbeeld van gehalte, waarde vir geld en goeie verskeidenheid vleisprodukte.

In net ’n bietjie meer as vyf jaar het die Kroonstad-tak van Country Meat van krag tot krag gegaan.

Op Vrydag 24 Augustus het gaste, verskaffers en vennote op die perseel ’n glasie geklink om die heropening van die vleismark met uitgebreide dienste en goedere glansryk te vier.

Anchen Nel, bemarker van Country Meat, sê die nuwe opknappings en uitbreidings is iets waardeur die Sernick-groep sy handelsmerk met trots verbind tot beter dienslewering aan die klant.

“Die Sernick-waardeketting is ’n riem onder die hart. Van die voerkraal tot by die abattoir en op die vleismarkte se rakke, word streng regulasies gevolg en omdat die middelman uitgeskakel word, word karkasse vier keer minder hanteer as by ander vleismarkte,” sê Nel.

Carel Serfontein, uitvoerende hoof van die Sernick-groep, sê die groep het beleggingsvertroue in Kroonstad, derhalwe die aansienlike opknappings sonder om te blik of te bloos.

“Ons glo dat Sernick die vrugte van die puik diens, verskeidenheid produkte en netjiese perseel sal pluk,” sê Serfontein.

Geen bestelling is te klein of te groot vir Country Meat nie. Aflewerings word met die bekende tuk-tuk van die vleismark afgelewer.

Serfontein sê hulle beplan om ook na omliggende dorpe en stede uit te brei.

  • Country Meat is al beloon met vier Cleaver-eerbewyse van die Rooivleisprodusente-organisasie vir uitnemende netheid, gehalte-vleis en higiëne die afgelope vier jaar.

ADVERTEERDERSNUUS

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.