Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vreugde te vind in ander se dankbaarheid

Die omvang wat die woord “dankbaarheid” kan hê, word eers ten volle verstaan wanneer jy dit sien.

Wanneer jy op pad is en sien hoe mielielande ná ’n paar buie reën uit die dorre aarde opskiet, beleef jy saam met elke boer dankbaarheid.

Om die nood van kinders aan te hoor, te sien of te beleef, leer jou verstaan wat veroorsaak dat ’n mens verstaan wat“hartverskeurend” beteken. Dit laat jou dankbaar staan teenoor ’n gemeenskap wat, ongeag moeilike omstandighede, steeds hul hand diep in hul sak steek om die nood van kinders te verlig.

Kroonnuus was onlangs op ’n geleentheid waar verhale gedeel is wat hoendervel gee. Hier is gesien hoe dankbaar kinders teenoor mense is wat hul lewe aanraak.

Dan heers daar ook ’n ander soort opgewondenheid In dié lig heers daar ook ’n ongekende opgewondenheid en dankbaarheid oor die dorp se eerste, splinternuwe hokkie-astrobaan. Kinders, ouers en onderwysers glimlag in dankbaarheid. Dié belegging sal tot voordeel van die skool wees, asook ’n aanwins vir die gemeenskap en omgewing.

Die nuwe geriewe sal na alle verwagting baie voete na Kroonstad trek, en ondernemings is kinderlik dankbaar oor dié geleentheid.

Wanneer dankbaarheid uit kinderoë straal, of uit ’n gesig wat aanhou glimlag – soos dié van ’n boer wat reën ontvang – deel ons in die dankbaarheid van ander.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.