Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrou val deur sypaadjie

’n Kroonstadter het in ’n gevaarlike situasie beland toe ’n deel van die sypaadjie in Buitekantstraat naby die apteek meegegee het.

Henriette Egwari (Rita) Mbawell (35) was op Donderdag, 9 Januarie, op pad huis toe nadat sy ’n dokter by die kliniek in Buitekantstraat in die middedorp besoek het.

Sy was net verby die Kroonstad-apteek toe die sypaadjie skielik meegegee en sy in ’n gat vol rioolwater beland het.

“Ek het rustig geloop en toe skielik gevoel die stene van die sypaadjie gee mee. Ek het nie geweet wat aangaan nie.

“Die volgende oomblik was ek in die diep gat vol riool, terwyl die stene op my val.

“Ek het gespartel om uit die gat te kom en het aan ’n pyp, waarin vermoedelik elektrisiteitkabels is, gehang,” sê Mbawell.

Twee motorwagte het tot haar redding gekom en haar uitgehelp.

Hulle het ook haar persoonlike besittings uitgehaal.

Daarna het hulle nooddienste ontbied en is Mbawell deur ’n ambulans na die Boitumelo-hospitaal geneem.

Sy het beserings aan haar bene en skouers opgedoen en is later die aand ontslaan.

Mbawell het ’n prokureur aangestel om ’n eis namens haar teen die Moqhaka-munisipaliteit in te stel.

Voor die gat waarin Mbawell geval het, is ’n mangat met ’n gat in die sement wat besig is om weg te sak.

Dit wil voorkom of subkontrakteurs namens die Moqhaka- munisipaliteit herstelwerk aan die sypaadjie gedoen het.

  • “Waterpype, rioolpype en kragkabels loop bykans onder elke sypaadjie in die dorp,” sê Thys Vermeulen, oud-stadsingenieur van Kroonstad. Kroonnuus het aan die Moqhaka-munisipaliteit navrae gerig oor die voorval en het teen druktyd nog geen terugvoering ontvang nie.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.