Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrou vervul vele rolle

Om Vrouemaand te vier, gaan Kroonnuus met verskeie besonderse vroue in die gemeenskap oor hul rol in die samelewing gesels.

Augustus word elke jaar in Suid-Afrika aan vroue gewy. Dít is ter ere aan die duisende vroue wat op 9 Augustus 1956 na die Uniegebou geloop het om vir hul regte te veg.

’n Prokureur van Kroonstad, Marné Leonard (29), meen vroue is spesiaal deur God geskep om verskeie rolle te vertolk.

“Ons is mammas, vroue en beroepsvroue wat uit God se hand gemaak is om verskeie take gelyktydig af te handel,” sê Marné.

Dié gebore Kroonstadter het haar hoërskoolloopbaan aan die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad voltooi, waarna sy haarself as prokureur bekwaam het.

Sy is met Tal Leonard getroud, en die egpaar het twee kinders, Edrick (4) en Annemé (1).

Sedert 2013 werk sy heeltyds as prokureur, en geniet haarself terdeë.

Hoewel dit ’n baie uitdagende beroep is, is dit vir haar heerlik om met kliënte te werk. Vir uitdagings staan sy ook nie terug nie.

Terselfdertyd het sy ook verder studeer om haar notariële en akte-kwalifikasies te bekom.

“Dit was nogal vir my ’n groot uitdaging omdat ek ’n volle huishouding aan die gang moes hou so tussen die studie deur,” sê sy.

Sy reken vroue is emosioneel saamgestel. Dus is dit vir haar maklik om by ’n aangeleentheid betrokke te raak, en moet sy in haar beroep daarop konsentreer om onpartydig te bly. bring mee dat sy in haar beroep makliker betrokke kan raak by ’n aangeleentheid, en sy moet daarop konsentreer om onpartydig te bly.

Haar lewensleuse is die bekende gesegde dat daar vir alles in die lewe ’n tyd en plek is. Dit is hoe sy ook die balans as vrou, ma en beroepsvrou handhaaf.

Sy gee haar beste, en elke rol word as ’n prioriteit beskou.

Haar wenk aan jong, hardwerkende vroue en mammas is om ’n gesonde balans tussen jou man, kinders en werk te handhaaf.

Die heel belangrikste is om tyd vir jouself te maak. Tyd alleen en tyd saam met God is hoe sy die balans hou.

In dié stadium het sy nie spesifieke stokperdjies nie, maar geniet dit wel om saam met haar man op sy motorfiets vir ’n wegbreek weg te glip.

“Wanneer die lewe druk, beur harder terug, want ons is in staat tot alles deur Hom wat ons krag gee,” sê sy.

“Dit is ook nie hoe hard jy val nie, maar hoe vinnig jy opstaan.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.