Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vroue moet mekaar ondersteun

Haar pa, Tewie van der Westhuizen, was jare lank die hoofverkeers­beampte in Kroonstad.

En nou is Darelle van der Westhuizen (46) die verkeershoof van die Moqhaka-munisipaliteit in Kroonstad, waar sy reeds 22 jaar werksaam is.

“Ek onthou Daantjie Kat se besoeke aan die Sentrale Volkskool asof dit gister was. Ek was deel van die leerlingpatrollie. Ek weet dit is waar my liefde vir my werk gekweek is,” sê sy.

“Ek het die beroep gekies om ’n verskil te maak. Baie mense sterf jaarliks op ons land se paaie, en elke lewe is belangrik. Daarom wil ek dié treurspelle help voorkom,” sê sy.

Daar is meer aan die beroep as die uitreik van boetes.

Van padblokkades om wet en orde te handhaaf tot praatjies by skole om kinders van padveiligheid te leer – haar werk hou elke dag iets nuuts in.

“Hoe lui die spreekwoord? Buig die boompie terwyl hy nog jonk is. Die doel is om die regte gesindheid by kinders te kweek sodat hulle verantwoordelike padgebruikers sal word,” sê sy.

Die hoofdoel van ’n verkeersafdeling is om te verseker dat mense die wetgewing nakom en sodoende lewens red.

Met die inperking was Darelle elke dag op haar pos.

“Omdat die virus nie sigbaar is nie, weet ’n mens nooit wanneer jy met iemand in aanraking kom wat die virus het nie. Tog, ondanks die pandemie, moet die wet toegepas word. Elke dag is ’n uitdaging; elke dag het risiko’s.”

Benewens verkeersbeamptes se normale werk moet hulle ook toesien dat die inperkingsregulasies toegepas word.

Omdat sy vir haar personeel se welsyn verantwoordelik voel, is dit vir Darelle ’n liggaamlike en geestelike uitdaging.

Sy is bekend vir haar deernis vir mense en diere.

Wanneer sy tyd het, geniet sy dit om op haar vierwielmotorfiets rond te rits.

Dié Vrouemaand wens sy alle vroue selfvertroue toe.

“Glo in jouself en weet jy is uniek gemaak. Jy moet jouself liefhê en in jouself glo. Moenie in iemand anders se skaduwee leef nie, want dan is dit nie jy nie.

“Dit is danksy vroue wat in hulself geglo het dat ons vroue is waar ons vandag is. Ons het almal verskillende lewensuitkyke, maar ondersteun mekaar eerder as om mekaar af te breek. Wat jy saai, sal jy maai.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.