Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Vroue sal ons deur dié tyd dra’

“Die jaar 2020 is baie uitdagend, vol onsekerhede en veranderings. Dit is ’n tyd waarin ons moet vashou aan die opdrag wat die Here aan Josua en ook aan ons gee.”

Só sê Jacomien van der Merwe (33), ’n fisioterapeut van Kroonstad. Sy haal dan ’n Bybelvers uit die boek Josua aan: “Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”

Jacomien glo Kroonstad het sterk vroue en dat vroue saam hierdeur sal kom.

Sy vertel hoe pasiënte aanvanklik versigtig en skrikkerig was om na hul praktyk toe te kom tydens die staat van inperking.

“In die begin was dinge baie rustig en het ons hier en daar pasiënte gesien. Min het ons geweet wat op ons wag toe die gevalle skerp begin styg het.”

Jacomien sê ook dat sy nooit bang was om met pasiënte te werk nie, maar eerder bly was dat sy die geleentheid gegun is om hulle te ondersteun en te bemoedig in die uitdagende tye.

By die praktyk moes hulle natuurlik die streng regulasies volgens die Covid-19-wetgewing instel.

Sy is al tien jaar in die beroep en is vir die afgelope agt jaar ’n vennoot saam met Gera Wessels by die praktyk Wessels en Van der Merwe-fisioterapeute.

Haar liefde vir sport het oorspronklik haar beroepskeuse bepaal en sy is passievol oor haar werk.

Kroonnuus het met formidabele vroue in die gemeenskap gesels en gevra dat hulle ter viering van Vrouemaand hul wedervaringe in dié vreemde tye deel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.