Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vroue se stryd nog nie verby

In Suid-Afrika vier ons elke jaar Vrouemaand in Augustus en herdenk ons die duisende vroue wat op 9 Augustus 1956 na die Uniegebou geloop het in protes en wat deur die jare moes veg vir hul regte. Dit is ook die rede dat Woensdag 9 Augustus deur die regering as ’n nasionale vakansiedag verklaar is, volgens MyMatzikama.com.

Volgens die Suid-Afrikaanse Regering se nuusagentskap was die historiese optog ’n keerpunt vir vroue in hul stryd vir vryheid en die samelewing. Sedert daardie dag het vroue van alle vlakke van die samelewing gelykes geword in die stryd vir ’n nie-rassistiese en nie-seksistiese Suid-Afrika.

Vroue se oorlog teen gelykheid is egter nie iets van die verlede nie. Vroue veg wêreldwyd vir gelykheid in die werksplek asook in hul huishoudings. Volgens die Suid-Afrikaanse departement vir ekonomiese ontwikkeling is dit duidelik dat Suid-Afrika vordering maak in die emansipasie van die vrou, maar daar is nog heelwat struikelblokke.

“Baie vroue is steeds op die rand van die samelewing en is kwesbaar vir sosiale risiko’s soos geweld, verkragting, mishandeling en werkloosheid en armoede.”

Volgens Statistiek Suid-Afrika loop een uit elke vyf vroue in Suid-Afrika bo die ouderdom van 18 deur onder fisieke geweld.

Vroue moet begin om meer vir mekaar op te staan en mekaar aan te moedig om ’n verskil te maak. Daar is heelwat maniere hoe vroue meer betrokke in die gemeenskap kan raak, en sodoende ook die rol van vroue kan bevorder. Hoe meer vroue sterk rolle in die gemeenskap vul, hoe ’n beter beeld skep dit ook vir jonger vroue.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.