Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vroue verower gholftitel ’n tweede keer

Die gholf-uitklopreeks van Du Randt & Louw-prokureurs vir 2019, waaraan 64 spelers van die Kroonstad-buiteklub deelgeneem het, het groot opwinding meegebring.

In die eindronde van die uitklopreeks, wat einde verlede jaar gespeel is, het twee seniors van die klub, Calie Engelbrecht en Johan Scheepers, teen Christelle Froneman en Sarita Sadler gespeel.

Dit was die vierde agtereen­volgende jaar dat Froneman en Sadler in die eindronde gespeel het.

Die ronde het spannend verloop en ná 6 putjies was die telling gelyk.

Op putjies 8 en 9 het Froneman en Sadler die voortou geneem om met 2 voor te draai ná 9 putjies.

Met die laaste 9 putjies oor om te speel het die vroue vinnig putjies 10 en 12 ook gewen om 4 voor te wees.

Op die 15de putjie, ’n syfer 5, het hulle albei syfers aangeteken om sodoende die eindronde te wen met 5 putjies voor en slegs 3 gate oor.

Die vroue reken hul wedstrydplan het hulle ’n plek in die eindronde besorg.

Dit is die tweede keer dat Froneman en Sadler as die kampioene van die Du Randt & Louw-uitklopreeks gekroon is. Die gedugte span het die reeks ook in 2017 gewen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.