Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
VS vaar vrot in vullisterrein-oudit

Slegs een vullisterrein in die Vrystaat het meer as 50% in ’n oudit deur AfriForum behaal.

Die organisasie het in Mei ’n nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in al nege provinsies te oudit, van stapel gestuur.

Van die 127 vullisterreine wat in al die provinsies geoudit is, het 20 vullisterreine in die Vrystaat nie aan die nasionale standaarde voldoen nie.

Dit is ’n vereiste volgens die toepaslike wetgewing dat ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen.

Vullisterreine in die Vrystaat het soos volg gevaar: Bethlehem 16%, Bloemfontein-Noord 10%, Bloemfontein-Suid 14%, Boshoff 18%, Brandfort 2%, Bultfontein 24%, Dealesville 26%, Frankfort 3%, Harrismith 13%, Hennenman 26%, Hertzogville 36%, Kroonstad 16%, Odendaalsrus 7%, Parys 16%, Reitz 13%, Sasol 18%, Theunissen 24%, Virginia 6%, Welkom 13% en Winburg 54%.

Die oudit het bestaan uit ’n lys van 33 vrae wat die minimum vereistes vir vullisterreine in Suid-Afrika meet. Die vraelys sluit faktore soos toegangsbeheer, brande, mediese afval, omheining en rehabilitasie in.

’n Vullisterrein moet minstens 80% behaal om aan wetgewing te voldoen.

Volgens JP Nel, assistent-koördineerder vir die Hoogland-streek, is die meeste vullisterreine in die Vrystaat in ’n haglike toestand.

“Al die vullisterreine wat geoudit is, is in ’n slegte toestand – slegs een vullisterrein het meer as 50% behaal.”

“In sommige gevalle is daar terreine wat geensins in stand gehou word nie en waar vullis kilometers ver buite die terrein rondlê,” sê Nel.

Die organisasie sal ook druk op owerhede in hul gebiede plaas om afvalmoniteringskomitees te stig om die afvalbestuursproses te verbeter.

Dié komitees sal bestaan uit munisipaliteite en belanghebbende partye wat vullisbestuur in die betrokke dorp wil verbeter.

Die ouditverslag sal ook aan die Groen Skerpioene oorhandig word vir verdere ondersoek en optrede teen skuldige munisipaliteite.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.