Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wa is

Kroonstadters spog nou met ’n splinternuwe brandweerwa van bykans R4 miljoen.

Dit kom nadat Kroonstad se bestaande brandweerwa geruime tyd nie in ’n goeie werkende toestand weens sy ouderdom en instandhoudingsprobleme was nie.

Groot opwinding het geheers toe dié blink splinternuwe brandweerwa verlede week sy opwagting gemaak het.

In ’n stadium moes die munisipaliteit met slegs ’n Volkswagen Golf en ’n tenkwa oor die weg kom.

Dié was klaarblyklik verreweg onvoldoende om brande doeltreffend mee te bestry.

Nou kan inwoners en ondernemings uiteindelik weer meer gerus wees, want as daar nou ’n brand uitbreek, is daar hulp.

Of is daar? Hopelik het al die brandkrane in die omgewing water vir noodgevalle.

Ons hoop ook dat daar genoeg brandstof sal wees vir die brandweerwa as daar ’n krisis is.

Dit help nie ons spog nou met die blinknuwe brandweerwa en daar is nie die nodige hulpmiddels beskikbaar sodat die brandbestrydingsfunksie 100% kan funksioneer nie.

Kom ons hou duim vas dat die Moqhaka-munisipaliteit nie sal teleurstel nie en dat ons brandweer nou op en top sal wees wanneer dit nodig is.

Dit is immers die belastingbetaler se reg om verseker te wees van munisipale hulp in enige ernstige geval van nood.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.