Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Warm voete, warm omgee

Een van die projekte van die Koppies-tak van die Vrouelandbou-unie (VLU) is om ander met pannekoek en pantoffels te trakteer.

Dié tak het in Junie daad by die woord gevoeg en begin brei. Binne een maand is 40 pare warm kouse en pantoffels gebrei.

Daarna is die Afrikaanse Christelike Skool in Koppies besoek waar die kouse en pantoffels aan die kinders van die skool oorhandig is.

Tans ontvang 40 leerlinge onderrig by dié skool.

“Die gesiggies het van dankbaarheid opgehelder oor die heerlike warm pannekoeke en die warm pantoffels en kouse wat aan elkeen oorhandig is,” sê Catrien Koekemoer van die VLU.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.