Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wees bewus van borskanker

In Oktober is borskankerbewustheid oor die wêreld heen in die nuus.

“Vroue moet besef dat borsversorging nie by ’n besoek aan ’n ginekoloog begin en eindig nie,” sê Cathy Lubbe, sekretaris van die Northern Free State Care Givers (NFSCG) en ’n borskankeroorwinnaar.

NFSCG moedig Kroonstad se vroue aan om verantwoordelikheid vir hul eie gesondheid te neem.

Dra ’n pienk strikkie tydens Oktober en herinner alle vroue daaraan om hulself en hul gesondheid eerste te stel deur self gereelde borsondersoeke te doen en om by kundiges ’n borsondersoek te laat doen.

Wees bewapen met kennis om jou kans op dié siekte te verklein, maan Lubbe.

Gratis borsondersoeke

Vandag (09/10), môre (10/10) en Vrydag (12/10) gaan die NFSCG in samewerking met Netcare Kroon-hospitaal gratis borsondersoeke vir vroue doen.

Sr. Jorietha Heymans, ’n geregistreerde verpleegkundige, het met NFSCG en die hospitaal hande gevat om vroue bewus te maak daarvan om selfondersoek gereeld te doen.

“Met soveel op die spel is dit belangrik om te besef dat dit net ’n paar minute neem om ’n selfondersoek te doen en dat vroeë opsporing van sleutelbelang is,” getuig Lubbe.

Kry nog van die laaste afsprake deur Felicity Combrinck by 084-206-8912 óf NFSCG se kantoor van 09:00 tot 13:00 by 056-212-3415 te bel.

Vroeë opsporing

Vroeë borskanker toon gewoonlik nie simptome nie, maar soos die gewas groter word, kan die bors anders begin lyk of voel.

Borskanker wat vroegtydig opgespoor word, kan meer effektief behandel word met ’n groter kans op herstel.

“Al voel jy nou gesond, het jy steeds ’n kans om borskanker te ontwikkel omdat jy ’n vrou is en ouer word. Gereelde ondersoeke gee gemoedsrus en vroegtydige opsporing kan jou lewe red. Wees bewus van hoe jou borste normaalweg lyk en voel. Bespreek enige veranderinge wat jy opmerk met jou mediese praktisyn,” sê Lubbe.

Selfondersoeke behoort elke maand tydens ovulasie gedoen te word (verkieslik op dieselfde tyd van die dag). Baie vroue ondervind dat hul borste soms knopperig voel. Dít is normaal. As jy egter ’n verandering in jou borste of armholtes opmerk, vra jou mediese praktisyn om ’n kliniese borsondersoek te doen.

Borskanker word as ’n heterogene siekte beskou, want dit verskil van individu, ouderdomsgroep en aard.

Tekens en simptome

  • Daar is nie enige duidelike simptome in die vroeë stadiums nie. Vroue moet mediese raad inwin as hulle enige verandering in hul borste bespeur. Latere simptome sluit die volgende in: knoppe in die borste: dit is gewoonlik pynloos, maar kan ’n prikkelende sensasie veroorsaak;) ’n verandering in hoe die tepel lyk: die vorm of die vel kan verander;) ongewone tepelafskeiding: veral as dit bloed bevat;) verandering in die borsvel; en) ’n knop of swelsel onder die arm.
  • Toevallige simptome geswelde borste;) ligte gevoel van ongemak in die borste;) seer of teer borste; en) ’n verandering in die kontoer, tekstuur of temperatuur van die borste.

Mans kan ook borskanker kry

Hoewel dit seldsaam is, kom borskanker ook by mans voor.

Die risikofaktore vir mans is ’n familiegeskiedenis van borskanker (by manlike en vroulike bloedverwante), ’n abnormale estrogeen/androgeen-balans, die voorkoms van goedaardige borstoestande (soos vorige borstrauma, tepelafskeidings en siste van die borste) en blootstelling aan borskaswandbestraling (soos pasiënte wat mantelbestraling vir Hodgkin se siekte ontvang het).

Kenners beveel aan dat mans gereeld hul borste moet ondersoek en enige borsknop deur ’n dokter laat ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.