Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wees eerder dankbaar

André Swanepoel:

Ek verwys in my skrywe na die brief, “Huis van Veiligheid is ’n klug”, wat in Kroonnuus van 2 Julie verskyn het.

Ek het so ’n bietjie navraag gedoen en met drie mense gepraat wat voorheen in die huis gewoon het.

Daarvolgens verstaan ek dat inwoners ongeveer R900 vir hul verblyf betaal, wat kos, elektrisiteit en water insluit. Dit is glad nie buitensporig nie.

Volgens ’n vrou wat voorheen in die kombuis gewerk het, is dit nie die waarheid dat die personeel die beste van skenkings vir hulself neem en dit wat oorbly, vir die inwoners voorsit nie.

Daar is volgens haar streng beheer en sy sê dat niks uit die kombuis deur personeel weggedra word nie.

Die skrywer moet miskien ’n bietjie selfondersoek doen en eerder probeer om ander se lewens meer draaglik te maak, pleks van om met ’n lang gesig van die een dag na die volgende voort te strompel.

Negatiwiteit is aansteeklik en beïnvloed almal rondom jou.

’n Positiewe houding, tesame met ’n glimlag, is net so aansteeklik en voordat jy jou kom kry, het al jou onvergenoegdheid die pad gevat en jy begin jou seëninge tel.

Begin om dankie te sê dat jy nie snags buite in die bitter koue hoef te slaap nie.

Vrede vir jou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.