Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wees waaksaam in die Kerstyd

Die jaar staan na sy einde toe en hierdie tyd van die jaar is ons dorpe baie besig.

Mense ry deur die dorpe na hul vakansiebestemmings, inwoners doen hul Kers-inkopies en die winkels is bedrywig.

Dit is baie belangrik om jouself, kinders en besittings mooi op te pas, want booswigte raak ook nou besiger. Hulle agtervolg mense en hou hulle dop. Hulle soek maklike teikens.

Wees versigtig as jy by kitsbanke geld trek. Misdadigers sal enige iets doen om dit wat hulle van jou wil hê af te neem.

’n Bron van kommer is kinders wat in winkelsentrums wegraak. Indien moontlik, los die kinders by die huis met toesig wanneer jy inkopies gaan doen en probeer om selfone, beursies en handsakke op ’n veilige plek te hou.

Moet nooit jou handsak of kind alleen laat nie, selfs nie vir ’n sekonde nie.

Sluit jou voertuig se deure sodra jy inklim en vermy donker of afgeleë plekke.

So ver jy kan, moet nie alleen rondbeweeg nie. Vra iemand om saam met jou te gaan en wees altyd waaksaam.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.