Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Werksessie werp lig op demensie

Alzheimer Suid-Afrika se Vrystaattak bied ’n aktiwiteitswerksessie in Kroonstad aan vir alle versorgers en familie­lede van pasiënte met Alzheimer se siekte.

Die doel van die werksessie is om die versorgers en familielede van mense met demensie in staat te stel om deur betekenisvolle aktiwiteite gehalte-tyd saam met pasiënte deur te bring ondanks deurlopend veranderende behoeftes en vermoëns.

Die sessie vind op 6 Junie van 09:00 tot omstreeks 12:00 plaas en sal by die Kroonstad-sentrum vir bejaardes (Huis Edelkroon) in Meyer­straat aangebied word.

Bywoning kos R50 per persoon en dié bedrag is met registrasie, om 09:00, betaalbaar.

Belangstellendes kan plek bespreek deur ’n SMS na 071-381-8953 of ’n e-pos na managerfs@­alzheimers.org.za te stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.