Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Ysbere’ genooi na bibberswem

Die 24ste Ysbeerswem sal vanjaar op Saterdag 29 Junie by die Bundukamp buite Ventersburg aangebied word.

Dié gewilde swembyeenkoms, ten bate van liefdadigheid, trek jaarliks mense van oor Suid-Afrika heen wat bereid is om in yskoue rivierwater as hul bydrae tot liefdadigheid te swem.

Sedert 2000 is Engo die hoofbegunstigde van die Ysbeer-liefdadigheidsprojek. Vanjaar se teiken is R20 000 wat met behulp van inskrywings en hekgeld, asook kosverkope op die dag ingesamel sal word.

Daar is egter ’n reuse-ysbeer-verwikkeling vanjaar.

’n Middernagswem met koplampe is die nuutste toevoeging tot dié jaarlikse avontuur. Slegs 50 deelnemers sal die voorreg hê om daaraan deel te neem.

Die inskrywings vir die middernagswem kos R500 per persoon, wat ’n koplamp vir die swem en ’n geskenkpak insluit. Om jou plek in die middernagswem te verseker, skakel 082-851-4584.

“Ons hoop dat meer as 600 swemmers vanjaar die yswaters sal aandurf. Elk sal natuurlik ’n medalje van ons hoofborg ontvang.

“Buiten die swem sal daar ook vermaak wees en die winste sal aan liefdadigheid geskenk word,” sê Felix Burri, organiseerder.

Daar sal weer ’n Mnr. en Mej. Ysbeer gekies word, asook ’n Mnr. Boepens. Die groep wat die kreatiefste met hul swemuitrustings is, sal ook ’n prys wen. Die baardveiling is ook ’n gewilde item.

Die gesins-4x4-projek word gesamentlik deur die 4x4-klubs van Bloemfontein, die Goudveld en Kroonstad aangebied. Skakel 082-554-3093 om daaraan deel te neem.

Die koste vir die Ysbeerswem is R60 per voertuig en R50 per inskrywing per persoon.

Dit begin om 12:00.

Bel Burri by 082-851-4584 of besoek die Ysbeerswem se Facebook-blad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.